New York - Wikipedia
New York, amptelik City of New York, geleë in die deelstaat New York, is die stad met die grootste bevolking in die Verenigde State.Dit is ook die mees dig bevolkte van die groter stede in Noord-Amerika.. Die stad is 'n sentrum vir internasionale handel, politiek, vermaaklikheid, en kultuur, en is een van die wêreld se groot globale stede (saam met Londen, Tokio en Parys).